> > > 3 < < <

"Nou toe, ek dink dis tyd dat ons by die huis kom. Dis al môre. Dankie vriend, ons maak gou weer so." My pa skud oom Schalk se hand en dan staan almal op.

Dylan sug langs my toe hy opstaan. "Waar daardie sug val sal niks weer kan groei nie, Dylan."

"'Skies, dis net dat ons nou so lekker gekuier het. Dit voel of ons skaars by alles uitgekom het."

"Ons sal maar net weer iets moet reël."

"Beslis en nog vinnig ook. Daar is so baie om nog op te vang."

"Kom, julle tweetjies," onderbreek my pa ons en ek tel my handsak van die vloer af op.

Almal is al by die voordeur uit en ek en Dylan besluit maar om hulle beeld te volg. Hy hou die deur vir my oop om deur te stap.

Sonder om om te kyk loop ek op Jaydon af. Ek moet myself net vroulik hanteer met die feit dat ek net Dylan se groot t-hemp aan het. Ook net om ingedagte te hou dat dit slegs tot in die middel van my bo-been kom. "Baai, Jaydon." Ek het net beplan dat hy vir my 'n glimlag moet stuur, maar hy verras my. Hy gooi sy hande om my bene en druk my styf vas. Ek druk hom dadelik terug.

"Sal jy eenkeer na my gimnastiek kom kyk, Marlie?"

"Natuurlik, ek sal dit vreeslik geniet. Dankie." Hy glimlag die keer vir my en beweeg aan na die volgende een
om gegroet te word.

Ek soengroet vir oom Schalk en tannie Sam wat my byna nie kan laat gaan nie. Hulle sê aanhoudend sterkte vir my belangrike jaar en dat ek vinnig weer moet kom kuier. Ek moes ingee met die belofte dat ek vinnig sal.

Laaste, maar alles behalwe die minste, kom ek voor Dylan tot stilstand. Die wêreld rondom ons gaan staan stil en binne 'n oogwink is dit net ons twee wat oorbly.

"Ons moet seker groet, neh?"

Nee, wou ek antwoord, maar ek het maar my in gehou. "Ja, seker."

Ek steek my hand na hom toe uit om te skud, terselfde hou hy sy arms vir my oop. Oh vrek! Dis die eerste gedagte wat deur my kop gaan.

Vinnig verander ek my hand ook in 'n druk posisie, waar hy aan die ander kant sy hand na my toe uitsteek.

Moedeloos laat val ek my arms langs my sye. Dylan krap agter in sy nek met sy een hand en lag amper asof hy senuweeagtig is. "Kan ek jou maar druk?" vra hy skaam.

"Natuurlik." Sy arms vou om my middel en ek rus my kop vir 'n sekonde teen sy bors. Hy ruik nog na chloor van vroeër se swem, maar sy naskeermiddel kom steeds sterk deur.

Hoe is dit moontlik om so veilig te kan voel? En dit net in een omhelsing.

"Okay, toe nou julle twee." My pa klim haastig in die kar en sonder om enige iets verder te doen, klim ek agterin die kar. My pa skakel die kar aan en ons trek weg.

"Marlie?" My ma loer vir my oor haar skouer.

"Ja, Ma?"

"Is alles reg daar agter?"

"Ja, Ma. Hoekom sal dit nie wees nie?"

"Ek vra maar net." Kan sy moontlik my gedagtes lees? Weet sy dalk wat hier binne in my aangaan? Weet sy dat my hart bollemakiesies slaan en dat my bloed teen twee-honderd kilometer per uur op en af deur my are jaag?

Moet nie simpel wees nie, Marlie. Sy weet beslis nie wat binne jou aangaan nie. Niemand weet nie. Niemand sal ook verstaan wat ek voel nie. Nie eens ek self weet wat die gevoel is wat in my oproer nie. Niemand gaan 'n logiese rede kan gee vir die skommelings in my maag nie. Hulle sal tien teen een vir my die kontakbesonderhede van die skool sielkundige aanbeveel.

Dalk is ek regtig besig om mal te word. Ja, dit maak sin, want die is nie wat normale mense oorkom nie. Ek meen, wie kry krampe op hul maë as jou jare lange vriend in die omgewing is?

Sewentien jaar.

Dis hoe lank hy al in my lewe is. So wiskundig beteken dit dat ons mekaar al ken vandat ek... gebore is. Jip, dis my hele lewe lank wat hy al hier iewers in my binneste kom grawe het. Ons het nog altyd 'n noue band gehad. Dit was altyd ek, my niggie en Dylan. Jessica is twee jaar ouer as ek en Dylan weer twee jaar ouer as sy.

Ek sal nooit die dag vergeet toe ek en Jessica gestry het oor wie eendag met Dylan gaan trou nie. Soos gewoonlik was ek die oorwinnaar. Ek laat my nie sommer so maklik onder kry nie. Veral nie as ek weet wat ek wil hê nie.

In elk geval, Jessica en Dylan was ook nog altyd goeie pelle, maar hoe lank dit gewerk het weet ek nie. Ons het almal deur die jare kontak verloor. Baie jare later toe ontdek ek en Dylan mekaar weer op Facebook en ons het toe weer begin gesels.

Dit het net af en toe gebeur. Elke keer sê ons dat ons iets moet reël en as ons onself weer kry dan is 'n maand verby, dan jare. Ons het mekaar wel eenkeer gesien sowat vyf jaar gelede, dit was die ongemaklikste situasie ooit. Nie een van ons het regtig iets vir mekaar te sê gehad nie.

Dit het 'n tyd geneem voordat ons weer kontak gemaak het. Dit was die vreemdste gevoel ooit. Ons gesprekke was interessant en vol opwinding. Ek weet nie of dit dalk net ek was nie, maar ek het elke keer met 'n glimlag op my gesig opgeeïndig.

Nog minder te sê dat ons gesprekke elke keer in een of ander fantasie opgeeïndig het nie. Daar is tye wat ons net kon grappe maak, maar ook was daar tye wat ons ernstig kon raak en waar ons mekaar raad of spasie kon gee. Ons verstaan mekaar op daardie manier.

"Marlie?" Ek skrik uit my gedagtes en besef dat ons reeds by die huis is, "Waarheen het jy so vinnig heen verdwyn?" vra my ma nuuskierig.

"'Skies, ek het vir 'n oomblik verlore geraak."

"Al klaar muisneste?" Die keer is dit my pa se kommentaar. Dis die eerste keer wat hy iets sê en die eerste keer wat daar 'n glimlag op sy gesig is wanneer daar oor enige ou gepraat word.

"Pa! Nee! Ek het nie muisneste nie. Ek gaan nou gaan slaap. Nag, almal." Ek hop uit die hoë Fortuner en draf by die trappe op. Ek maak my deur agter my toe en val met 'n plons op my bed neer.

Ek staar vir 'n paar oomblikke na die dak. Is hulle reg? Dalk het ek muisneste...

Ag nee nonsens, Marlie. My gedagtes hardloop nou weer weg met my. Dis tyd om te gaan slaap, want my kop kan duidelik nie die slaaploosheid hanteer nie.

-

Maandag.

Die woord wat elke tiener die gedagte gee om terug te klim in die bed. Dit maak dit baie moeilik om na 'n naweek weer terug te gaan hok toe. Hok word dan maklik 'n tronk, ook bekend as skool.

Ma trek op die sypadjie af en ek soen haar wang voordat ek by die deur uitglip. Ek stap tot voor die snoepie waar my vriendinne vir my by een van die tafeltjies sit ek wag.

"Hi, Li," groet Megan my toe ek langs haar inskuif.

"Hallo, julle."

"En?" Vyf gesigte staar nuuskierig terug na my.

"Wel," begin ek deur om my "l" uit te rek, vir effek se onthalwe.

"Marlie!" gil hulle almal op my terselfde tyd. Dit laat mense omdraai en in ons rigting laat staar.

"Okay, dit was ongelooflik." Hulle bars uit in 'n giggel bui en al wat ek kan doen is om net my oë te rol.

Ek het hul vertel dat ons die naweek na Dylan-hulle toe gaan. Hulle weet natuurlik alles van hom af, omrede ek al vyf jaar lank oor hom praat. Ek dink hulle is al moeg vir my gesanik.

Tog verstaan hul nie hoe ek voel nie. Hulle verstaan nie die manier waarop hierdie gevoel in my opkweek nie. Ek weet nie of hulle ooit weet wat die gevoel is nie. Nie eens ek weet nie...

"Vertel ons, Li."

"Wel, ons het net rustig gekuier en baie gelag." Ek glimlag aan die herinneringe van Saterdag. "Totdat hy my in die swembad gegooi het."

"Wat!" roep Kimi uit. "Dis so romanties."

"Dit was alles behalwe romanties. Dit was vrek koud en my klere was papsopnat. Maar ek moet erken, dit was great toe ek hom saam met my ingetrek het." Ek kan nie help dat my wange weer ophelder nie. "Ons was seker amper drie ure in die swembad. Dit was so lekker."

"Hi ouens, sien julle wat ek sien?" vra Yasmin uit die bloute vir die ander.

"Ja, Yas, ek dink ek doen."

"Ek ook."

"Jip."

"Ja, dis so duidelik soos daglig." Elkeen kry hul beurt om te antwoord, maar ek is die enigste een wat nie 'n vaagste benul het waarvan hulle praat nie.

"Wat? Is dit my hare? Ek weet okay, daar was nie tyd vanoggend nie en-"

"Nee, dis beslis nie jou hare nie." Dis Charné.

"Nou wat dan?"

"Jy skyn, vriendin."

"Skyn? Wat bedoel jy ek skyn?"

"Komaan, Marlie. Daar is 'n glinster in jou oë, jou wange het kleur en jy kan nie stilsit nie. Kyk! Jy wieg!"

Sy's reg. Ek sit nie stil nie. "Dis Maandag, wie kan nie stilsit nie?"

"Vir eens gaan Maandag nie as 'n verskoning werk nie, Li. Jy's verlief."

"Kim! Ek's nie verlief nie, julle is simpel."

"Ek moet sê dat ek jou nooit geglo het toe jy sê jy dink jy hou van hom nie, maar nou is dit bewys. Jy is kop oor tone oor die ou. So wanneer ontmoet ons die ou?"

"Kan julle asseblief net vir my kalmeer? Ek's nie verlief nie en niemand gaan iemand ontmoet nie." Hulle rol hulle oë vir my. Dis seker by hulle waar ek daardie slegte gewoonte opgetel het.

"Ja, as jy so sê. Het hy toe al weer vir jou iets gestuur na die naweek?"

Ek sug. "Nee en ek twyfel ook of hy gaan."

"Nee man, hy sal."

"Ons sal maar moet sien." Net toe lui die klok en almal beweeg stadig na hul register klasse toe.

Die res van die dag sleep verby. Elke vak voel langer as die vorige ene. Dit help ook nie veel dat ek geensins kan konsentreer nie. My gedagtes is orals behalwe waar dit moet wees.

Elke oomblik van Saterdag aand speel oor en oor in my kop af. Elke sekonde daarvan. Elke beweging, elke woord, elke glimlag, elke spier-

"Marlie?" Ek skrik uit my gedagtes en kyk op in twee glasraampies wat my soos 'n valk dophou. "As my klas jou verveel dan kan jy met die grootste liefde verdaag."

"Jammer, Juffrou. Ek's weer by." Die klas se blikke lag in my rigting en ek gaan aan om die notas van die bord af te skryf. Almal draai uiteindelik ook weer terug na voor, weg van my af.

As daar nou een vak is waar 'n mens aan die slaap kan raak, dan is dit in wiskunde. Boonop is dit die laaste periode op 'n Maandag. Geen mens is meer lus vir faktorisering en grafieke die tyd van die dag nie.

"Marlie! Genade kind, ek vra jou 'n vraag. Waar is jou kop vandag?"

"Jammer Juffrou."

"Hou op "jammer Juffrou" sê en kom asseblief weer terug aarde toe." Die keer knik ek net en probeer my aandag op die bord vestig.

Darem het dit net 'n paar minute geneem voordat die klok deur die skool skree. Almal pak haastig weg en storm by die deur uit.

Elke tiener wil net huis toe gaan en gaan eet. Ek weet dis wat ek wil gaan doen. Ek wil net uit hierdie ongemaklike matriekrompie uitklim en my spraaksame maag gaan voed. Ek weet nie wat pla my die meeste nie... My gedagtes of my maag. Hulle altwee is ewe erg. Beide hou aan om aan my te karring en dit maak my mal.

Wat gaan aan met my? Hoekom kan ek nie net soos enige normale martiek op my skoolwerk fokus nie? Hoekom kan ek nie net vir alles A simbole kry nie? Maar nee, ek dink net heeltyd aan 'n simpel mansmens, wat heeltyd in my gedagtes rond dans en vir geen rede daar nesgeskrop het.

Hy het finaal sy handtekening op my hart gegraveer en ek weet nie wat om daarmee te maak nie...

Bạn đang đọc truyện trên: AzTruyen.Top