> > > 14 < < <

"Is jy seker jy sal okay wees?" vra Jessica toe ons voor my huis stop.

"Jes, ek is jammer. Ek kan nie meer kwaad wees vir jou nie al wil ek. Dit was verskriklik om so ver van jou af te wees."

"Nee, Li. Ek's jammer. Ek was daardie dag verkeerd. Ek gaan eerlik met jou wees. Ek was so jaloers op jou. Jy kry dit altyd so maklik reg om mense te kry om van jou te hou. Ek meen almal hou van jou. Ek kan verstaan hoekom, want jy is net amazing van binne en buite. Jy verstaan mense en hoe hulle werk. Ek wens ek kan soos jy wees."

"Jes, jy hoef nie glad nie jaloers op my te wees nie. Glo my. My lewe is alles behalwe maanskyn en rose."

"Dit kan seker nie waar wees nie. Jy is mal oor Dylan en Dylan is mal oor jou. Ek kon dit nou die dag sien toe julle op pad uit was."

"Nee, hy is nie. En as hy dalk 'n bietjie van my gehou het is dit nou verby. Finaal verby. Hy haat my nou. Ek het so erg opgemors. As ek net-"

"Stop net daar. Van wat jy my vertel het, het jy niks verkeerd gedoen nie."

"Maar as ek net nie vir Albert ja gesê het nie."

"Marlie, hou nou op. Dit was nie jou skuld nie."

"Maar-"

"Nee!"

"Maar-"

"Stop. Dit. Nou. Ek's nou klaar gepraat. Maar gaan niks help nie. Gaan tap nou vir jou 'n warm bad en ontspan. Ek bel jou oor 'n uur en 'n half dan beter jy in jou nagklere wees en met 'n koppie koffie in die hand sit. Toe, jy beter roer want as ek bel soek ek bewyse dat jy als gedoen het."

"Dankie weereens, Jes."

"Ja, toe. Weg is jy." Ek soen haar op haar wang en gaan die huis binne.

In my badkamer draai ek die bad se krane oop en kyk vir myself in die spieël.

Ek lyk aaklig.

Swart lyne hardloop oor my gesig, wat rooi en opgepof is. Ek kyk na my lippe. Die lippe wat 'n ruk gelede kontak gemaak het met...

Ew, nee. Ek sit tandepasta op my tandeborsel en begin om my tande te skrop. Nie net een keer nie, maar seker vyf keer. Ek moet seker maak dat enige... Wel, enige iets van hom nie agter bly nie. Ek wil niks van daardie soen oor hê nie. Dis net die skuldgevoelens wat ek nie sal kan afwas nie

Tog is Jessica reg. Dit was nie my skuld nie. Ek het geen intensies gehad nie. Ook geen verwagtinge nie. En as Dylan dit nie verstaan nie, dan is dit nou maar so.

-

Ek druk my foon vir die soveelste keer dood. "Wie soek jou so dringend?" vra my ma. Sy gee my 'n vraende kyk vanaf agter die stuurwiel uit.

"Dis Albert."

"Hoekom antwoord jy nie die kind nie?"

"Ek het niks om vir hom te sê nie." My foon begin weer histeries gil.

"Marlie, antwoord hom tog nou net. Na wat nou die aand gebeur het moet jy tog met hom praat, al luister jy ook net na wat hy te sê het."

Ek staar 'n paar sekondes om te kyk of hy nie self gaan dooddruk nie, maar dit gebeur nie vinnig nie.

"Hi," antwoord ek uiteindelik.

"Marlie! Dankie tog jy het geantwoord. Ek was bekommerd oor jou."

"Ek is groot genoeg, ek kan na myself kyk," antwoord ek nors, wat veroorsaak dat my ma my aangluur.

"Ek weet, maar jy was my verantwoordelikheid nou die aand en jy het net verdwyn. Hulle wou my ook nie by die hek inlaat nie en jy het ook nie jou foon geantwoord nie."

"Wat soek jy, Albert?"

"Ek wou net hoor of jy okay is."

"Okay is? Nou maar goed. Kom ek sê jou of ek okay is. Jy het my in 'n openbare plek, onverwags gesoen. Jy het vir Dylan agter my gesien en my tóé gesoen. Nou is hy woedend vir mý en praat hy glad nie met my nie. So nee, ek is nie okay nie. Nog iets?" Daar is geen emosie in my stem oor nie.

"Marlie, ek's jammer. Ek weet nie wat my besiel het nie. Ek het nie gedink-"

"Nee, Albert. Dis juis die punt. Jy het glad nie gedink nie."

"My punt is dat jy 'n great girl is en ek het my kans gewaag. Dylan het altyd van jou as 'n sussie gepraat, so ek het net aangeneem dat julle net vriende is. Ek was duidelik verkeerd, want jy hou van hom en hy is nog maller oor jou."

"Nee, hy is nie."

"Ja, Marlie. Hy is. En dis my skuld dat dit nou is soos dit is. Ek sal dit regmaak."

"Los dit net, asseblief. Jy het genoeg gedoen."

"Ek wil regmaak wat ek opgemors het."

"Albert, as hy nie kan sien dat dit nie my skuld was nie dan gaan dit niks help nie. Dit wys net vir my wat hy werklik van my dink. Los dit net heeltemal uit. Ek moet gaan. Baai." Ek druk dood en knip die druppels in my oë weg.

My ma gee my 'n bekommerd kyk. "Ai, my kind."

"Ek's okay. Moet nie oor my worry nie." Ons stop voor die skool se groen hek en ek spring vinnig uit, bang dat ek heeltemal sal knak onder my emosies.

"Hi, Marlie- Marlie, is jy okay? Dit lyk asof jy 'n spook gesien het." Ek knik net my kop en skuif langs hulle in.

Uit die hoek van my oog sien ek hoe hulle na mekaar kyk vir antwoorde en ek besluit om dit ook te ignoreer soos baie goed in my lewe op die oomblik.

"Li?"

"Ek's okay, okay. Ek wens net almal kan my net uitlos sodat ek op my eie stupid stil manier met my lewe kan cope!" ontplof ek. "'Skies. Dit was onnodig van my."

Hulle ruil weee kyke onder mekaar uut en dan kyk almal weer na my. "Li, jy gaan moet praat."

Ek antwoord nie, staar net na my hande. Megan vat my selfoon uit my sak en gaan deur met my kode. "Wat doen jy?"

"As jy nie vir ons gaan vertel wat gaan aan nie, gaan ek self uitvind."

"Jy gaan absoluut niks op my foon kry nie."

"Dalk nie, maar ek weet van iemand wat sal weet."

"Kan julle my nie net uitlos nie! Gee my foon terug." Ek wip om my foon in die hande te kry, maar Megan koes weg.

"Nee! Ek het jou al sien deur slegte tye gaan, maar so sleg het jy nog nooit gelyk nie. Of jy vertel ons of ek bel."

"Bel wie?"

"Dylan of Jessica."

"Nee! Asseblief moet nie! Jy kan enige iets doen maar moet asseblief net nie hom bel nie."

"Dan bel ek Jessica." Ek wou nog keer, maar toe is my foon teen haar oor.

"Nee."

"Hi, Jessica. Dis Megan hier. Hoorie-" die res van die gesprek hoor ek nie. Ek gaan lê op my arms en sny die wêreld rondom my uit. Ek knip my trane weg so veel as wat ek kan.

"Li?" hoor ek Kimi se stem na 'n hele ruk. Ek sit regop en snuif. "Ons is so jammer. As ons-"

"Assbelief moet nie. Die laaste ding wat ek nou nodig het is julle wat my jammer kry. Kan ons dit net nou los. Dit maak nie saak nie."

"Ma-"

"Nee, los dit." Ek staan op van die bankie af en loop na die sluitkassies. Ek pak my boeke vir die res van dag in en die skoolklok lui om die skooldag aan te kondig.

-

"Marlie, ons is tuis," roep my ma van onder af.

"Ek's bo!" roep ek terug. Dit vat 'n paar sekondes voor haar kop by die deur insteek.

"Oh, jy's besig."

"Ja, Ma. Ek skryf Maandag my laaste vraestel vir die eksamen. Dis my heel laaste toets en ek maak 'n punt daarvan om vir die laaste keer in my skoolloopbaan te leer." My ma kom in en pik my op my voorkop.

"Ek's so trots op jou, my kind. Twaalf jaar van harde werk en jy het dit oorleef. Ek weet die laaste vyf maande was moeilik met alles wat gebeur het, maar kyk nou net waar het jy opgeëindig. Mamma is trots op jou. Ek weet sommer jy gaan die toets eis."

"Dankie, Ma." Sy knik en verdwyn dan weer by my kamer uit.

Vyf maande.

Is dit al so lank terug? Ek kan dit skaars glo. In my tyd van krisis het ek nooit gedink ek sal so ver kom tot waar ek vandag is nie.

Ek het nog nooit weer van Dylan gehoor na daardie aand nie. Ook nie van Albert nie. Tog ontgroei 'n mens die situasies. Ek weet net nie wat sal gebeur as ek eendag een van hulle sal moet raakloop nie, maar daardie dag sal ek dit moet vat soos dit kom. Dis nou as dit ooit sal gebeur.

Daar's 'n klop aan my deur en met 'n sug swaai ek om. Kan ek nie net in vrede studeer op 'n Saterdag middag nie?

Saterdag middag?... Oh vrek! Ek swaai om en Jessica staan in die deur.

"Nee vrek!" roep ek uit. Ek spring van my stoek af op.

"Jy het vergeet, het jy nie?"

"Ek het skoon vergeet vandag is... Wel vandag! Genugtig, hoekom herinner jy my dan nie!"

"Ek het nie gedink ek moet nie. Gewoonlik het jy beheer oor alles."

"My lewe is al vir 'n paar maande uit beheer geruk. Ek gaan spring gou deur die stort. Gee my vyf minute. Kies solank vir my iets om aan te trek." Ek hol tot in die stort en doen alles teen dubbel spoed.

Soos gesê staan ek vyf minute later voor die stel klere wat Jessica vir my uitgekies het. "Die?" vra ek toe ek die klere op my bed bestudeer.

"Ja, hoekom nie? Jy is mal daaroor en jy het dit so lanklaas gedra."

"Ek het dit vir 'n rede lanklaas gedra, Jes."

"Kommaan, Li. Dis net klere en dis maande gelede."

"Dis memories, nie net klere nie. Fine, ons het nie nou tyd om te stry nie." Ek trek die rokkie oor my kop. Die blou rokkie waaroor hy daardie aand so mal was. Hy het gereken dat blou my kleur is. Ek haal dadelik die gedagte uit my kop uit.

"Kom, Marlie. Doen iets met daardie hare van jou. Ons wil nie die mense wegskrik nie."

Jessica help my om my hare onder beheer te kry, terwyl ek my grimering doen.

"Daarsy, jy lyk stunning."

"Hoekom lyk ek so opgedollie. Jessica? Ek dog ons gaan net na 'n konsert toe. Ek sou dink dis informeel of iets."

"Ons gaan en dit is. Mens weet net nooit wie jy dalk daar mag ontmoet of raakloop nie. Nou toe, as ons nie nou gaan ry nie gaan ons later wees as wat ons al klaar is."

-

"Wat presies doen ons hier?" vra ek toe ons voor 'n gebou stop wat soos 'n stadion lyk. Daar is seker oor 'n duisend karre rondom ons geparkeer.

"Kom ons gaan vind uit." Ek kan in haar oë sien dat die nie sommer net 'n konsert is nie. Sy is besig om met iets te konkel en ek's te bang om uit te vind wat sy in haar mou voer.

Binne is die mense besig om hul plekke haastig in te neem. Die meeste van hulle is nog steeds op hulle voete en dit maak dit moeilik om te sien wat onder op die verhoog aangaan.

Jessica kry uiteindelik ons sitplekke langs drie oop stoele. Nie te lank daarna nie, gaan musiek af en mense begin sit.

Op die verhoog is daar verskeie opstelle opgestel. Wag... Dit lyk bekend.

En toe tref dit my. "Jes, is ons hier om gimnastiek te kyk?"

"Jip, is dit nie opwindend nie?"

"Van wanneer af kyk jy gimnastiek? Jy het nooit regtig daarin belang gestel nie."

"Dis tyd dat ek iets nuuts probeer. En jy is mos mal daaroor." Ek weet as sy so vinnig babbel dan steek sy iets weg. Ook kyk sy stip voor haar en haar hande is saamgepers, wat 'n wit skynsel om haar vingers begin maak.

"Tyd vir iets nuuts se voet. Kom Jes, uit daarmee."

"Voete is waarmee hulle gimnastiek doen, maar my geheimpie sal letterlik binne vyf sekondes na vore kom."

"Wa-"

"Marlie?" Ek draai om en daar staan hy in lewende lywe.

"Dylan?"

Bạn đang đọc truyện trên: AzTruyen.Top