> > > 13 < < <
Later sit ons almal om die vuur. Daar is 'n koue windjie in die lug en ek klou aan my baadjie vas. Dit was nie baie slim van my om die blou rokkie vanaand aan te trek nie, maar beauty is pain. Dylan het ook daarvan gehou. Hy het gesê blou is my kleur. Vlinders het natuurlik weer in my binneste begin vladder.
Dylan kom nader gestap met komberse in sy hande. Hy gooi een op my skoot. Die ander ene gooi hy plat op die grond. Hy val daarop neer en beduie dat ek langs hom moet gaan sit. Toe ek langs hom is gooi hy die ander kombers oor ons bene.
Die ander ooms kom ook nader, elkeen met 'n drankie in die hand. Hulle is steeds gesellig soos wat hulle al die hele dag lank is.
"Het jy dit darem geniet?" vra Dylan ewe skielik langs my.
"Ek het dit vreeslik geniet. Ek is bly dat julle my gevra het om te kom, dankie."
"Nee, ek is bly dat jy gekom het. As jy nie hier was nie, sou ek net met die mans opgeskeep gesit het en oor sportmotors gepraat het."
"Nou dat ek weet hoe om vis te vang kan ons die beslis weer doen."
"Solank daar nie weer modder betrokke is nie." Hy vryf oor sy gesig. "Ek dink ek het nog modder op plekke waar ek nie gedink het modder sal kan wees nie."
Ek lag. "Ja, ek dink ek het ook. Darem is ons velle nou effens gladder. Of myne is, ek weet nie van joune nie."
Dylan vat my hand en sit dit op sy wang. Rillings rol oor my liggaam. Sy wang is warm teen die palm van my hand. "Is dit?" vra hy.
Ek vryf met my duim oor sy wangbeen. Ek kan nie help om daarna te staar nie. My hand smelt teen sy wang vas. "En?" vra hy.
"J-" my stem kraak. Dit steek in my keel vas. "Ja, ek sal modder vir jou aanbeveel."
Ek vat vinnig my hande weg. Dankie tog dis donker, dink ek by myself. Ek vang oom Schalk se oog. Daar is 'n groot glimlag op sy gesig. Hy knipoog vir my en ek skud my kop.
"Dylan die marshmallows is agter jou op die stoel. Die stokkies is ook daar iewers. Braai vir julle 'n paar."
Dylan gee vir my die pak aan en draai weer om om die stokkies agter hom raak te vat. Ek maak solank die pak oop en toe hy die punte van die stokkies na my toe hou, druk ek 'n marshmallow op elkeen.
Dylan gee een vir my aan en ons altwee rus dit rustig bo-op die vlamme. Dit vat nie baie lank voordat die pienk 'n bruin skynsel rondom dit begin kry nie. Ek haal dit van die punt af en druk dit net so in my mond.
"Hmmm, njum," kreun ek van die lekker kry.
Dylan se lyf ruk effens langs myne "Is dit lekker, Blondie?"
"Soos 'n droom."
"Nou kry dan nog ene."
Ons braai die hele pak op ons eie op. Ek weet nie of die ander mans wou gehad het nie, maar as hul wou dan is dit nou te laat.
"Nou goed, julle twee," sê oom Schalk, wat nou opgestaan het. "Ons het nie soveel energie soos julle jongmense nie. Ons gaan nou maar nag sê."
"Lekker slaap." Ons groet almal en dan loop hulle na hulle kamers toe.
Dis net ek en Dylan wat agter bly. Net die vuur klap voor ons, verder is dit doodstil. Iewers ver in die donker nag hoor ek 'n uil en daar anderkant roep jakkelse na hul maats.
"Wat 'n lekker aand," kondig Dylan aan. Toe ek na hom toe draai is sy kop agteroor gegooi en sy oë toe.
"Ja, dit is."
Die volgende oomblik gaan lê hy op sy rug. "Jy moet hier kom lê. Die sterre is asemrowend vanaand."
Ek gaan lê in die vou van sy arm. Hy is reg, die naglug dans in die hemelruim. Sterre skitter helder in die donker lug.
Ek word bewus van die hitte wat om my vloei. My kop rus op sy skouer. Sy arm is om my skouer. Sy lyf beweeg geleidelik op en af soos hy asemhaal. Sy asemhaling is rustig en ontspanne, waar my hart dertig kilometer per uur hardloop.
"Raak rustig, Marlie," sê hy asof hy my gedagtes kan lees.
"Ek is rustig."
"Nee, jy is nie. Jy lê so styf soos 'n stokkie. Probeer net ontspan, toe." Ek haal diep asem en blaas dit uit. "Dis beter."
"As ek aan die slaap raak dan gaan jy my bed toe moet dra."
"Met liefde."
Nog 'n stilte val oor ons, maar dis nie ongemaklik nie.
"Dylan?"
"Hm?"
"Wat gaan-"
"Nee, shh," breek hy my af. Ek sit regop en kyk na hom.
"Askies?"
"Nie nou nie, asseblief."
"Jy weet nie eens wat ek wil sê nie."
Hy sit ook regop. "Ek het 'n idee, maar kan ons asseblief nie nou oor ernstige goed praat nie."
"Hoe weet jy dat dit ernstig is?"
"Marlie, ek ken jou al jare. Ek kan op jou gesien sien wanneer jy ernstig is of nie."
"Ons gaan een of ander tyd ernstig moet praat."
"Ek weet, maar vanaand is nie die aand daarvoor nie."
"Nou wanneer is die aand daarvoor, Dylan?"
"Nie vanaand nie.
Ek sug. "Nou maar goed."
-
Die volgende aand lê ek in die bad toe my selfoon lui. Dit gaan my verstand te bowe hoekom mense altyd op die onmoontlikste tye 'n mens wil staan en bel.
"Marlie, hello?" antwoord ek sonder om na die skerm te kyk.
"Hi! Marlie, dis Albert. Hoe lyk dit?"
"Oh, hi Albert. Dit gaan goed dankie en met jou? Dis goed om bietjie weer van jou te hoor."
"Dit gaan goed hier, dankie. Ja, ek wou hoor of jy môre aand oop is?"
"Um, ja ek dink so, hoekom vra jy?"
"Dis 'n vriend van my se verjaarsdag en ek het gevra of ek jou kan saambring. Ek dink dit is tyd dat ons bietjie opvang."
"Sure, dit sal lekker wees." Hy gee my die laaste reëlings deur en ons lui af.
Ek spoel my hare af en klim uit. Met die handdoek om my lyf stap ek terug na my kamer toe. Net toe ek my kasdeur oopmaak begin my foon weer agter my skree.
Rerig! "Hello?" antwoord ek.
"Hi, Blondie. Wat klink jy so geïrriteerd?"
"'Skies, Dylan. Nee, ek's okay."
"Dis goed. Hoor hier, wil jy môreaand iets saam met my gaan doen?"
"Môreaand?"
"Ja, tensy jy 'n beter plan het."
"Ek het eintlik klaar 'n ander afspraak." Ek slaan my palm teen my voorkop. Wat het die heelal teen my?
"Oh... 'n ander afspraak?"
"Ja, Albert het nou-net gebel om te hoor of ek nie saam met hom iewers heen wil gaan nie."
"Albert? So jy gaan saam my vriend uit?"
"Ja, wel ons gaan net iewers heen. Dit beteken niks nie." Daar is 'n stilte aan die anderkant van die lyn. "Dylan, is jy nog daar?"
"Um ja. Maar dan is dit reg. Baai." Voordat ek iets kan sê word die lyn in my oor afgesny.
Ek dink ek het sopas 'n uitweg vir moeilikheid veroorsaak. Hoekom, weet ek nie.
-
"Hier's ons nou," kondig Albert aan toe ons voor 'n huis stop. Dis nie 'n baie indrukwekkende huis nie.
Albert klim uit, hy maak nie die deur vir my oop soos wat Dylan altyd doen nie. Dylan sou alles in sy vermoëns gedoen het om my spesiaal te laat voel, maar ek kry die gevoel dat Albert net sy pose wil hou.
Marlie, wat doen jy? vra ek myself. Ek's besig om Albert te vergelyk net Dylan!
Ons stap binne. Ek ken al darem die meeste van die mense. Daniël en Lyla is ook daar, ook baie van die ander mense wat ek deur Dylan en Basson se funskie ontmoet het.
Ek en Daniël gesels rustig, terwyl Albert vir ons iets te drinke gaan haal het. "Ek het gedog jy sal saam met Dylan hier aankom. Toe daag jy met Albert langs jou sy op."
"Ja, Albert was so bietjie voor Dylan die keer."
"Klink vir my asof jy in 'n driehoek vasgekeer is."
"Ag nee wat, Dani," kruis Lyla haar hande voor haar bors en kyk my uitdagend aan. "Moet nie oor Dylan bekommerd wees nie. Ek's mos hier om sy aandag af te trek. Nie dat ek nodig het om sy aandag af te trek nie. Sy aandag was nog altyd op my."
Daniël lag. "Ja, okay, Lyla. As jy so sê."
"Dit maak in elk geval nie saak nie. Dis nie asof daar iets meer tussen my en een van die twee is nie."
"Hierso." Albert gee vir my koeldrank aan. "En nou as julle so ernstig lyk?"
"Niks nie," antwoord ek vinnig.
"Marlie voel soos 'n driehoek," kondig Lyla aan en ek is lus om haar te bespring soos 'n leeuwyfie en haar prooi.
"'n Driehoek? En hoekom so?"
"Sy spot net, los dit nou," jok ek en vat 'n sluk van die koeldrank om my droog keel weer af te sluk.
Daar begin 'n liedjie deur die luidsprekers te speel en Albert is dadelik wakker. Hy vat ons drankies en sit dit op die tafel neer.
"Kom ons gaan dans." Die musiek is definitief nie my musiek smaak nie, maar Albert gee my nie veel van 'n keuse nie.
Hy sit sy hande op my heupe. Dis effens te laag na my sin, maar ek besluit om liewers nie 'n scene te maak nie. Ek sit my arms om sy nek, maar kan nie genoeg moed bymekaar skraap om hom in sy oë te kyk nie. Al waaraan ek kan dink is dat ek wens dat dit Dylan was wat hier voor my gestaan het en nie hy nie.
"Dankie dat jy saam met my gekom het, Marlie. Dis lekker om so 'n sexy meisie aan my sy te hê." Dylan het nog nooit vir my gesê ek is sexy nie. Hy sal altyd woorde gebruik wat by my ruggraat afrol.
"Plesier," probeer ek so vriendelik as moontlik te klink sonder om my irritasie te wys.
Albert kyk oor my skouer en sy stoute glimlag val. Net toe ek wil kyk waarna hy kyk, vat sy hand my ken raak en voordat ek kan besef wat aangaan druk sy lippe teen myne. Geskok staan ek daar, nie seker wat aan die gang is nie. Ek ruk weg en stoot hom weg van my af.
My hand val oor my lippe. Ek swaai om, net betyds om te sien hoe Dylan deur die mense druk op pad na die deur se kant toe. My ander oog vang goe Lyla vinnig in sy rigting beweeg.
Met een laaste woedende kyk in Albert se rigting, hol ek in die rigting van die deur.
Ek is net betyds om voor Lyla uit te glip en sy stop vies in haar spore.
"Dylan!" roep ek terwyl ek by die trappies afhol.
Hy is nou by sy bakkie en hy klap die agterste deur hard toe. "Dylan, wag asseblief!" Hy stap na die bestuurskant toe. Net toe hy die deur ooptrek, kry ek dit reg om die deur weer toe te druk.
"Ek wil ry."
"En ek wil verduidelik."
"Wat wil jy verduidelik, Marlie!"
"Dis nie soos wat dit lyk nie."
"Ek gee nie om wat jy doen nie, Marlie. Dis jou lewe. Gaan maar voort en gaan speel met mense se gevoelens net waar jy gaan. Ek gee nie meer om nie."
"Dylan, ek het niks gedoen nie. Ek het net saamgekom, sonder enige intensies. Hy het sonder om te vra, my na die dansvloer toe gesleep. En toe-"
Hy hou sy hand in die lug, wat my stilmaak. "Spaar my die detail. Ek stel nie belang nie. Soos ek sê, jy kan maak net wat jy wil."
"Dylan, asseblief. Luister net wat ek wil sê."
"Nee, Marlie! Ek wil nie luister wat jy te sê het nie. Gaan in, Loverboy wag vir jou."
"Hou op!" Ek's besig om erg onsteld te raak. "Hy is niks vir my nie! Ek voel niks vir hom nie. Jy het tog gesien dat hy die een was wat my gesoen het."
"Dit het vir my gelyk asof jy dit baie geniet het."
"Geniet!"
"Ja, jy het vir 'n hele ruk lank nie weggetrek nie."
"Wat moes ek doen? Ja, ek het nie weggetrek nie, want ek was totaal en al geskok. Ek het gevries."
"Ek gee regtig nie om nie, Marlie. Op die ou einde is dit my eie skuld, omdat ek myself vir eens toegelaat het om iets te voel. Ek moes geweet het dis te goed om waar te wees." Hy druk my effens uit die pad uit en klim in sy kar. Hy skakel die bakkie aan en trek weg. Ek bly op dieselfde plek staan, te ontsteld om te loop.
Ek draai stom in die rondte. Ek kom vir die eerste keer agter dat daar trane op my wange is.
Wat doen ek nou? Daar's nie 'n manier wat ek hier gaan bly nie, veral nie saam met Albert nie. Ek gaan hom ook nie vra om my te gaan aflaai nie.
Ek grawe my foon uit my sak. Daar is net een persoon wat hierdie situasie sal verstaan. Ek lui haar nommer en sy antwoord dadelik.
"Jessica, sal jy my asseblief kom haal?"
Bạn đang đọc truyện trên: AzTruyen.Top