> > > 10 < < <

Twee ure later laai my ma my voor die gimnasium af. Daar is vreeslik baie karre voor die gebou en die mense stroom by die deure in.

Ek volg maar die stoom tot in 'n saal met pawiljoene. Die pawiljoene is al redelik vol en ek soek rond vir bekende gesigte.

"Marlie?" Ek swaai om.

"Dylan? Wat maak jy hier?"

"Ek kom na my broer se gimnastiek kyk. Wat maak jy hier?"

Natuurlik het hy, dis sy broer. "Ek kom dieselfde doen. Hy het my gevra of ek ook kan kom kyk vandag."

"Oh." Hy frons en knik sy kop. "In daardie geval, ons sit die kant toe."

Hy draai om om te loop en ek volg hom. Ek sien sy ma en pa daar sit met 'n spasie oop langs hulle. Toe hulle my sien staan hulle dadelik op. Ek druk hulle en oom Schalk soen my op my voorkop.

"Ons is bly dat jy dit kon maak, Marlie. Jaydon smeek al die afgelope weke dat hy net wil hê dat jy moet kom. Dylan moes amper smeek vir sy aandag, maar hy was maar min gespin oor sy ouboet se bywoning," sê oom Schalk en knipoog vir my.

Dylan maak sy keel agter my skoon en gaan sit. Hy kyk stip na die vloer onder hom. Ek gaan sit tussen hom en sy ma.

"So hoe gaan dit met jou?" vra tannie Samantha.

"Heel goed, dankie." Ek bloos alweer sonder 'n rede. "En met tannie-hulle?"

"Ag ons kan nie kla nie. Die kinders hou ons besig." Sy kyk na Dylan en rek haar oë. Ek kyk na Dylan en hy doen presies dieselfde vir sy ma.

Toe hulle besef ek kyk vir hulle hou hulle op. "Die kinders hou ons altyd besig," herhaal sy vinnig. Wat weet hulle wat ek nie van weet nie?

Net toe begin die afkondiger praat. Hy kondig kind vir kind aan. Die kinders is ongelooflik. Nie eens ek kan daarvan droom om sulke toertjies te kan doen nie. Hulle beweeg en buig op soveel maniere dat dit my opgewonde maak net deur om na hulle te kyk.

Ek voel soos 'n kind wie se ouers hulle in 'n lekker fabriek gelos het. Ek raak bewus van oë wat op my brand en draai na Dylan toe. Hy is sowaar besig om my van kop tot tone dop te hou.

"En nou?" vra ek toe hy aanhou staar. "Dylan? Hallo, wat doen jy?" Hy knip sy oë 'n paar keer.

"Huh?"

"Huh? Maniere. Wat kyk jy so?" Ek vryf oor my gesig vir ingeval daar iets is wat nie daar behoort nie.

"Nee, ek dink net."

"Oor?"

"Oor hoe jy straal wanneer jy na die kindertjies kyk en hoe jy jouself inleef in die danse in."

"Ja, wel, ek het belangstelling in die tipe van goed. Ek sou nie gesê het ek sal kom as ek nie van dit gehou het nie, glo my. Ek sou tien teen een een of ander dom verskoning uitgedink het, maar ek's hier. So, ja. Ek geniet dit." Ek haal diep asem. Ek's skoon uit asem uit van al die opwinding.

Dylan se mond trek op in 'n skewe glimlag. "Dan's ek bly jy het gekom. Ek sou dit net waardeer het as ek geweet het jy gaan kom."

"Ek was op kort kennisgewing laat weet. Ek het nie kans gehad om twee keer hieroor te dink nie. Nie dat ek omgee nie, die huis sou my in elk geval net vasgedruk het en my mense sou my vanaand mal gemaak het en-"

"Marlie!" sny hy my kort. "Haal asem." Ek weet nie hoekom ek nou so baie en vinnig praat nie. Hoekom klop my hart dan nou so vinnig en jaag my hartklop met my weg?

"Jammer."

Dylan lag en skud sy kop. "Jy moet nie so opgewonde raak oor sommer enige iets nie. Ek wonder hoe jy lyk as jy eers adrenalien in jou are kry."

"Ja ja, dit gebeur gewoonlik as ek moeg is."

"Dan moes jy eerder by die huis gebly het."

"En die mis? Nie vir die wêreld nie."

"Nou ja, dan sal ek maar met jou borrelings moet saamleef."

"Jy sal maar moet." Net toe kondig die oom met die groot snor en die mikrofoon in sy hand, aan dat dit Jaydon se beurt is en opgewonde draai ek terug na die vloer toe.

Ek sit op die punt van my stoel en my bene hop op en af in afwagtig. Jaydon kom uit in sy oulike pakkie en gaan staan in die hoek van die vloer.

Musiek begin speel en hy beweeg op die ritmes wat deur die saal weergalm. My mond hang oop toe ek sien wat die klein lyfie tot in staat toe is. Hy is nie net goed nie, hy is uitstekend.

Toe die musiek stop spring ek tot op my voete en klap my hande in verwondering. Jaydon buig en loop af van die vloer as. In die afloop glimlag hy groot vir my en waai. Ek waai terug en gaan sit weer toe hy af is.

"Genade, Marlie. As ek nie nou so vir jou gelag het nie sou ek myself vir jou geskaam het."

"Gaan jy my balmeer? Jou boetjie was great, nee wag, hy was meer as net dit. Ek... Ek weet nie hoe om dit te beskryf nie, maar... Wat?" Ek stop toe Dylan uitbars van die lag.

"Nee, jy is enig in jou soort. Hierdie is nog net op die junior vlak, ek wil jou nie sien as jy na die hoër vlakke gaan kyk nie."

"Dit maak nie saak nie! Vir sy ouderdom is dit ongelooflik! Toe ek so oud was toe het ek net gesukkel om my tone te raak. Buitendien is jou broer baie beter as die ander deelnemers hier. Ek sal verbaas wees as hy nie onder die top drie val nie."

"Ja, my broedertjie het 'n liefde en passie vir wat hy doen en kwyt hom goed van sy taak. Hy't verseker daardie talente by my ma geërf."

"Het jou ma dan ook gimnastiek gedoen?"

"Nee, sy het ballet, morderne dans en kontemporêre danse gedoen in haar dae. Hulle is die twee met ritme."

"Soos wat dit vir my klink het jy ook ritme. Jy dans ook gereeld."

"So lank ek kan langarm en sokkie is ek in my noppies, maar dié fancy goed sal my nooit aanstaan nie. Dalk om te kyk ja, maar ek wil nog dié lyf gebruik terwyl ek nog kan."

Die keer is dit my beurt om te lag. "Jy? Langarm?"

"Ja, ek langarm en ek is 'n meester daarin."

"Dit wil ek eers sien."

"In daardie geval sal ek 'n plan moet maak."

-

Jaydon kom na ons toe aangehardloop. "Marlie!" Ek buk af na die grond en hy hardloop dadelik in my arms in en gooi sy arms om my nek.

"Jy was ongelooflik, Jaydon. Ek het sommer dadelik geweet jy gaan wegstap met daardie trofee vandag. En kyk." Ek stoot hom effens weg en bekyk sy medalje wat om sy nek hang, van nader. "Goud! Dis ongelooflik. Baie geluk."

Hy giggel. "Dankie, Marlie."

"Kan ons ook vir jou geluk wens?" vra tannie Sam met 'n glimlag op haar gesig.

"Nou ja," kondig oom Schalk aan toe almal hulle gelukwensings ingestel het. "Ek is nou dood van die honger. Marlie, kom saam, toe. Dylan sal jou gaan aflaai na die tyd, neh seun?"

"Natuurlik, toe, kom saam," smeek hy vir my.

"Is julle seker?"

"Dis 'n ja, laat ons gaan."

Ek en Jaydon ry saam met Dylan, met Jaydon wat my nie nou wil laat gaan nie. Hy babbel opgewonde die hele pad lank.

Ons stop voor 'n klein restaurantjie en stap na waar hulle ouers reeds vir ons wag. Ons skuif dan langs hulle in.

Ons gesels rustig oor gimnastiek, natuurlik en ander goedjies. Dis ontspannend en ek kan nie die laaste keer onthou wat ek so lekker gelag het nie.

"en toe ek weer sien, sit hy pen en potjies net so in die dam." Ons lag nog meer toe oom Schalk vertel van die dag toe hy vir die eerste keer vir Dylan dam toe gevat het. "Ek dink ek moes seker hom sewe keer uit die water tel voordat hy homself verdrink het."

"Mens sou dit nie vandag sê nie," lewer ek my kommentaar.

"Oh nee, glad nie, maar soos daardie tyd kan ons hom steeds nie daar uitkry nie."

"Ek hoor daardie ding."

"Oh, Dylan, dit herinner my," onthou oom Schalk skielik, "Die skool sluit oor twee weke dan gaan ons mos Vaaldam toe."

"Ja, ek onthou."

"Piet het onttrek so daar het 'n opening oop gegaan. Ek het klaar vir Johan, Jacques en Tobie gevra en nie een kan dit maak nie. Ek het by die werk ook al uitgevra, maar niemand is beskikbaar nie. Het jy dalk iemand wat saam kan gaan ingedagte?"

Dylan dink 'n oomblik na. "Omdat ek op verlof is, is daar baie min mense wat die plaas alleen gaan kan onderhou. Albert en Daniël kry beide nuwe vee so dit gaan onmoontlik wees vir hulle om weg te kom. Al my vriende werk of is ook weg."

"Oh genade." Oom Schalk dink 'n oomblik na. Na 'n ruk kyk hy weer op en glimlag. "Dan bly daar net een persoon oor."

"Wat voer Pa nou weer in die mou in?" vra Dylan met sy wenkbrou in die lug.

"Ek voer niks nie, ek het net 'n idee vir die perfekte kandidaat gekry."

"Wie?"

"Marlie." Ek skrik skielik uit my dagdroom uit.

"Wag wat? Ek?"

"Sy?" vra ek en Dylan op dieselfde tyd.

"Ja, hoekom nie? Jy sal dit geniet."

"Ek het nog nooit in my lewe regtig vis gevang nie."

"Jy kan mos vinnig leer en Dylan sal jou mooi wys. As jy nie lus is nie dan kan jy mos langs die dam sit met 'n boek en bietjie tan."

"Ek weet nie... Ek wil nie moeite vir julle veroorsaak nie."

"Moeite? Ag nee wat. Inteendeel, sal jy ons 'n groot guns doen. Ons het reeds plek bespreek vir die naweek en alles is reeds betaal. Ons sal net die geld mors en soos jy hoor is niemand anders beskikbaar nie. Jy gaan net ook vir Dylan in geselskap moet hou, maar ek is seker dat nie een van julle sal omgee daaroor nie."

"Ek weet darem nie," huiwer ek en kyk na Dylan vir sy opinie.

"Ek dink dis 'n goeie idee," lig hy sy opinie. "Jou geselskap is seker beter as niks nie en ons het reeds daarvoor betaal." Toe hy sien hoe ek huiwer gaan hy aan. "Toe, kom saam. Dit gaan lekker wees. Buitendien is dit net 'n naweek wat jy met my opgeskeep moet sit. Dit kan nie so erg wees nie."

"Okay! Okay, ek sal saamgaan."

"Yes," roep die manne uit en klap hulle hande in die lug saam.

"Ek dink jy het sopas beide van hulle se dag gemaak," sê tannie Samantha en knipoog vir my.

Ek kan nie help om weer te bloos nie. Hoekom, weet ek nie. "Ek sal jou later die finale inligting deurstuur."

"Dankie."

"Nou ja, hier's ons kos nou. Dit lyk heerlik. Sal ons ogies maak?" Ons vat almal hande en maak ons oë toe vir die tafelgebed.

Dylan druk my hand hard en ek maak my een oog oop. Hy mimiek 'n 'Dankie' met sy lippe en ek knip my kop vir 'n ongesêde antwoord. Net toe daar 'Amen' gesê word knip ek my oë toe en oop.

Ons smul aan ons kos en voor ons weer kon sien is dit tyd om te gaan.

"Baie dankie vir die aand, ek het dit vreeslik geniet. En weereens geluk met jou wen, Jaydon. Ek is so bly jy het my gebel om te kom. Jy was ongelooflik." Ons groet en ek en Dylan val in die pad.

Hy parkeer voor my huis en stap saam met my na die voordeur toe. Halfpad na die deur val sy hand op my arm wat my terug hou.

"Marlie, oor nou die aand."

"Dis okay-"

"Nee, dit is nie. Ek was verkeerd. Ek moes nie so op jou afgegaan het nie. Dit was totaal en al onnodig van my. Ek's bly jy gaan Potch toe, hulle is uitstekend en kort iemand soos jy daar. Ek gaan erken dat ek my Blondie gaan mis, maar nou ja. Ek wil net sê dat ek jammer is, dat ek myself soos 'n aap gedra het. En dankie."

"Dankie waarvoor?"

"Dat jy saam gekom het en boonop die mooiste metgesel daar was."

Ek bloos tot in my kroontjie. Ek dink nie ek het al ooit in my lewe so konstant gebloos nie, maar dis net hy wat dit reg kan kry. "Dit was 'n plesier. Dankie dat jy my saamgevat het. Ek het dit ook vreeslik geniet." 

"Ek ook."

Bạn đang đọc truyện trên: AzTruyen.Top