Hoofstuk 6
Ek staar na die brief en wonder wat kan aan gaan. Toe ek baie jong vas het my ouers my uit die huis uit geskop en ek was toe nog nooit weer terug nie. Ek het net nie meer om gegee oor wat hulle doen nie en ek het hulle uit my lewe uit laat gaan, ek het aan beweeg. Net na dit het ek by die oom gebly en my hele lewe sover het ek daar gebly. Die oom het nie om gegee oor my wat daar bly nie en dit was baie lekker vir my gewees om daar te bly.
Ek staar een laaste keer na die brief en skeur hom oop. Lukas is my ouer boetie. Ek het terwyl ek nog by my ouers gebly het baie tyd saam met Lukas gespandeer en hy is ń goeie mens. "Belicia, ek wil vir jou die brief skryf om te vra dat jy asseblief so gou as moontlik na Australië moet kom. Ek trou binne kort maar ek kort jou help. Ek wil hê jy moet hier wees en ek kort my klein sussie. Liefde Lukas." Lees ek saggies vir myself wat op die brief staan. Eerste het ek gewonder hoe Lukas weet waar ek bly en hoekom wil hy hê ek moet daar wees, hy ken my nie eers so goed nie. Ek het hom jare laas gesien en hy het my ook jare laas gesien.
Onder aan die brief was Lukas se nommer gewees. Ek het hom dadelik ń boodskap gestuur en hom gelaat weet dat ek die brief ontvang het. Nie lank nie, het ek ń boodskap terug ontvang van hom af. Hy was bly gewees om te hoor van my af. Lukas het my weer gevra of ek so gou as moontlik kan kom, maar ek het gewonder of ek moet of nie. Toe ek weer kyk, sit ek by die lughawe en wag vir my vlug. Liam het niks geweet nie, en ek was nie van plan om hom te laat weet nie want ek wil my tyd geniet het en nie aan enige van die goed wat in 20 Hoeke gebeur het te dink nie. Die vlug na Australië was baie lank gewees maar meeste van die tyd het ek geslaap so die vlug was baie vinnig verby gewees. Ek klim van die vliegtuig af en gaan deur die hekke waar hulle my tasse geondersoek het. Daarna het ek my tas gevat en vir Lukas gesoek.
Ek het gesoek en gesoek en uiteindelik het ek iemand gesien wat ń bordjie hou met my naam en van daarop. Dadelik het ek na hom toe gegaan en ek was so bly gewees om vir Lukas weer te sien. Hy was baie bly om my te sien. Ons het toe in sy kar geklim en na sy huis toe gery. Oppad soentoe het ons mekaar better leer ken. Hy het h swart hare gehad en bruin oë, Lukas is baie gesond en Lukas lyk baie goed en hy is baie vriendelik. Ek het bly gevoel om my boetie weer te sien na so baie jare. Toe ons by die huis stop het hy my voorgestel aan almal. Sy meisie, hondjies en van die familie lede. Almal was so vriendelik gewees, en ek het so tuis gevoel. Ek kon nie op gehou het om aan 20 Hoeke te dink nie want ek wil sien wat daar gebeur en alles maar ek wil ook nie meer daar wees nie.
Die volgende oggend het ek saam met Lukas se meisie gegaan en alles reg gekry vir die troue. Hy het vir homself gaan kleure koop vir die troue. Hulle beplan al baie lank aan die troue en môre is die groot dag. Almal was so bly vir hulle gewees. Die trou dag het so vinnig gekom en alles was perfek gewees. Ek het vroeg die oggend op gestaan en ontbyt gaan koop vir almal. Daar was ń winkeltjie naby hulle gewees en hulle het baie lekker kos verkoop. Toe ek terug gekom het was almal wakker gewees en begin reg te maak. Ek het almal probeer help waar ek kon en ek wou net vir almal gehelp het sodat alles perfek is vir my boetie se trou.
Alles was so mooi gewees en ek dink alles was soos dit moes gewees het. Na die trou het ek en Lukas bietjie gaan loop en gesels.
"Belicia ek wil net weer dankie sê dat jy gekom het en dat jy ook alles perfek gemaak het vir my groot dag." Sê Lukas met glimlag op sy gesig.
Ek het geweet dat dit die moeite werd was om te kom. Ek het gehlp en ek kon tyd saam met Lukas spandeer. Ons het gesels oor 20 Hoeke en ons ouers. Dit het my laat besef dat ons ouers nie baie om gegee het nie. Ek het dadelik die onderwerp verander want ek wou nie oor ons ouers gepraat het nie en ek wou ook nie vir Lukas ontstel op sy beste dag van sy lewe nie.
Dis ń paar dae na die trou en Lukas gaan my na die lughawe toe vat en daarna gaan hy op sy wittebrood. Die paar dae in Australië was ongelooflik lekker gewees en ek het dit baie geniet om te sien hoe lewe hier is en om by my boetie wat ek jare laas gesien het se troue te wees. Op die vliegtuig terug het ek bly dink aan wat Liam gaan sê maar ook hoe wonderlik die paar dae was. Ek het veilig by die lughawe aan gekom en ek was oppad huis toe. Toe ek by die huis stop was Liam se kar daar buite gewees. Ek haal diep asem in en uit en gaan in my huis in.
"Belicia, hier is jy! Ek was dood bekommerd gewees oor jou." Sê Liam en gee vir my ń drukkie. "Waar was jy?"
"My boetie het my gevra om Australië toe te gaan en om hom te help vir sy troue. Ek weet dit was vinnig besluit gewees maar dit was ongelooflik lekker gewees en dit was so goed om hom weer te sien." Vertel ek en gaan sit op die bank.
Liam het op die bank lanks my gaan sit en gelyk of hy iets weg steek. Ek kon nie uit gevind het wat gaan aan nie, maar ek het geweet iets ergs gaan aan. Liam sou nooit iets vir my weg steek nie. Ek kom vir Liam in die oë en staar na hom en ek kon gesien het dat iets het gebeur toe ek weg was.
Bạn đang đọc truyện trên: AzTruyen.Top