Hoofstuk 4
Ek het vandag op die kalender gekyk en gesien dat die kindertjies vandag gaan kom en ek het vinnig klaar gemaak en bakkery toe gegaan. Clara het nie geweet dat die oom oorlede is nie en ek het geweet dat ek vir haar sal moet vertel.
"Belicia!" Skree Clara en hardloop na my toe. Ek was so bly gewees om haar te sien en sy was ook baie bly om my te sien.
"Jho, jy word nou mooi groot. Hoe gaan dit?" Vra ek vir Clara en hoop dat sy nie na die bakkery sal kyk nie.
Clara het ń groot glimlag op haar gesig gehad. "Goed dankie en met jou? Waar is die oom?"
Ek kyk rond en weet dat ek nou vir haar sal moet sê. "Clara, kom ek wil jou iets gaan wys." Sê ek en maak vir Clara my kar se deur oop. Sy het in geklim en na my bly kyk. Ek het so sleg gevoel want sy het so baie van die oom gehou en nou is alles verby. Ek het naby die parkie gestop en besluit dat ek maar vir Clara moet vertel.
"Clara, dit nie maklik om dit te se nie, maar die oom is nie meer met ons nie. Ek is jammer." Vertel ek stadig en bly vir Clara kyk want net nou begin sy huil. "Clara, dis okay." Fluister ek saggies.
Clara het nie ń woord gesê nie en net na die parkie bly staar. Daar het ń traan oor haar vang gerol en ek klim toe uit die kar uit en gaan vat haar hand en laat sy uit die kar uit klim. Ons twee het toe by die parkie gesit en net die vars lig in geasem. Ek het geweet dat sy baie hartseer is maar ek wou nie gehad het dat sy so voel nie. Daar het ń paar trane oor haar vang gerol.
"Clara jy kom so min. Kom ons gaan bietjie winkels toe en ek sal vir jou enige iets koop wat jy wil hê. Dit sal help om nie aan die oom te dink nie." Sê ek in ń baie opgewonde stemtoon.
"Belicia wat van ons gaan na die roomys winkel toe wat onlanks oop gemaak het. En daarna kan jy ń winkel kies." Sê Clara terwyl ons na die kar toe stap.
"Kan werk!" Sê ek en glimlag vir Clara voor ek in die kar in klim en vir Clara haar deur toe maak.
"Het jy geweet dat ek laas week 10 geword het. En ek het laas naweek eerste gekom in gymnastiek in al die afdeelings. My ouers het vir my toe een van die coolste poppe gekoop en ek is so bly daaroor. Hulle het gesê dat as ek die kompetisie wen kan ek die pop kry en ek het." Vertel Clara terwyl ek na die roomys winkel toe bestuur.
"Dis baie goed." Antwoord ek en kry stil hou plek naby die roomys winkel.
Clara het haar al gunstelling roomys in ń bakkie gekry en daarna het ek geskies dat ons na die speelgoed winkel toe moet gaan en dan sal ek vir haar enige iets koop wat sy wil hê want sy kom kuier so min en ek wil gehad het dat sy moet tuis voel al is die oom nie meer hier nie.
"Belicia, baie dankie en ek hoop ek sien jou weer binne kort. Dankie." Sê Clara en gee vir my ń stywe drukkie. "Hoe oud is jy?" Vra Clara terwyl sy nog vir my ń drukkie gee.
"Ek is 19 jaar oud en Liam is 21 jaar oud. Ek sal volgende keer jou soentoe vat. Baie dankie dat jy gekom het en jy is ń regte ou sterretjie." Sê ek en gee vir Clara ń klein persentjie wat die oom baie lank terug al vir haar wou gegee het. Clara was baie bly gewees en ek was ook bly daarvoor gewees.
Liam het al mense gekry om by hom te werk en hy het ook mense gekry wat my kan help by die dagsorg. Daar was ń paar dinge wat gedoen moet word en dan sal alles perfek wees. Niemand in die dorpie het geweet wat aan gaan nie en ons het beplan om vir almal op die selfde tyd te vertel as wat ons elke keer die selfde ding vir almal moet sê.
Ek het vir almal in die dorpie gaan vertel om na Liam se huis toe te gaan want ons wil vir hulle vertel wat aan gaan en daar was genoeg spasie vir almal gewees. Die naweek het ek seker gemaak dat alles reg is. Liam het meeste van sy tyd by die bouers gespandeer want hy wil alles klaar gehad het en reg gehad het. Ek het vir Clara gevra of sy die naweek by my wil spandeer en sy het gesê dat sy graag hierna toe sal wil kom. Saterdag oggend het ek vroeg op gestaan en na haar huis toe gery. Haar ouers was by die huis gewees en ek het eers ń rukkie saam met hulle spandeer want Clara was nog besig gewees om klaar te maak. Sy het nie gymnastiek elke Saterdag nie so sy het toe gesê dat sy na my toe wil kom. Clara gaan nie skool toe nie, haar ouers gee vir haar skool want elke dag van die week is sy by gymnastiek. Sy wil nog beter word in gimnastiek en sy spandeer so baie tyd aan gimnastiek en haar ouers het toe gesê dat hulle vir haar skool sal gee en dat sy eder aan gimnastiek haar tyd kan spandeer.
Toe ek en Clara by Liam se huis stil hou was daar al reeds klomp mense gewees. Ek het Clara se hand gevat en haar saam met my deur almal loop na Liam toe. Liam was nerens sien baar gewees nie. Ek loop toe na Liam se kamer toe, hy was nie daar gewees nie, ek haal my foon uit en bel hom toe, daar was geen anwtoord gewees nie. Clara het in die kamer gebly terywl ek weer deur al die mense gegaan het en vir Liam gaan soek het. Sy kar was by die huis geparkeer gewees maar hy was nie hier nie. Clara het op die bed gesit en gewag toe ek terug kom. Eweskielik het die badkamer deur oop gegaan en Clara het baie groot geskrik.
"Hi ek is Liam. Ek neem aan jy is Clara?" Vra Liam vir Clara.
"Ja ek is Clara. Belicia het my vertel van jou. Sy is opsoek na jou." Vertel Clara en staan op en loop na die deur toe na sy klaar gepraat het.
"Aii. Ek was opsoek na haar. Ek was in die badkamer gewees want dit is stiller en ek het haar ń paar keer probeer bel." Vertel Liam en maak die deur oop en loop saam met Clara, opsoek na Belicia.
Clara het toe my gesien en ek was baie bly gewees om vir Liam en Clara te sien. Ek, Liam het toe almal se aandag gesoek want ons wil vir hulle vertel het wat aan gaan en wat nog gaan gebeur of wat ons beplan om te gebeur. Clara het lanks my gestaan want ek wou nie gehad het sy moet iets oor kom nie.
Bạn đang đọc truyện trên: AzTruyen.Top