Hoofstuk 1
Daar was net twintig strate in 20 Hoeke en dit was ń baie klein dorpie gewees maar deur die jare het daar meer en meer mense gekom en nou is 20 Hoeke een van die bekenste dorpies maar daar bly nie so baie mense nie. Ek het al van kleins af hier gebly en my lewe sover is nie goed nie. So eendag het ek by die huis gekom en my ouers het al my goed vir my in ń tas gepak en toe ek daar aan kom begin hulle skreeu "Jy is al groot en is veronderstel om in jou eie huis te bly. Ons wil jou nie meer in die huis hê nie!" en ek het vir hulle probeer vertel dat Lukas ouer as ek is en nogsteeds hier bly maar hulle wou net nie en ek moes maar gegaan het.
Elke dag vandat ek vir Liam ontmoet het, het ek by sy oupa by die bakkery gaan kuier en dit was net so lekker gewees om daar te wees. Sy oom besit die bakkery en ek het toe elke dag soentoe gegaan en die oom gehelp om koekies en koeke te bak. Die oom het elke dag ouer en ouer geword en ek word ook elke dag meer en meer bekommer oor hom. Liam het minder by die oom gekuier terwyl hy ouer word en ek kon gesien het dat die oom bekommer oor hom is en hom daar wil hê.
Van daardie dag wat my ouers my by die huis uit gejaag het, het ek by die oom gebly. Ek het ook baie meer tyd saam met die oom spandeer. Eendag het die oom vir my ń persentjie gegee en ek was so bly gewees want toe ek jonk was het ek gereeld vir die oom ń persentjie gebring. Ek het dit gedoen want die oom was baie alleen gewees en ek en Liam was die enigeste mense waarmee hy regtig gepraat het. Hy het met die mense by sy winkeltjie gepraat maar hy was nogsteeds so alleen gewees. Ek en Liam het beurte gemaak om by die oom te wees maar die kere wanneer ons al drie bymekaar was, was wonderlik gewees. Ek mis gereeld terug na dit toe en soms wens ek dat dinge weer so kan wees maar dit kan net nie.
"Belicia ek het ietsie vir jou gekry omdat jy so dierbaar is en net baie dankie vir alles. Ek waardeur dit baie my kind." Sê die oom en gee vir my die persentjie wat in sy hand was.
Die oom is nie meer soos hy ń jaar terug was nie, hy het so baie verander en hy het ook so baie verloor. Die oom is bles en hy het ń baart maar deur die jare het die oom geleer om nie regtig om te geen oor hoe hy lyk nie, en net om te aanvaar hoe ń mense lyk. Ek maak my persentjie oop en sien van die koekies wat ons gister gebak het. Dit was ń skok vir my gewees want ek het nie gedink die oom sal ooit so iets doen nie. Is die koekies wat ons dan gister gebak het sleg? Wat gaan aan? Wonder ek by myself.
Bạn đang đọc truyện trên: AzTruyen.Top